WAT IS 'N OORLAAISTASIE?
'n Afval-oorlaaistasie is 'n ligte industriële fasiliteit waar munisipale vaste afval tydelik geberg word in die loop van sy uiteindelike reis na die stortingsterrein of afval-tot-energie-aanleg.
DIE GEBRUIK VAN OORLAAISTASIE
Inwoners word versoek om alle herwinbaremateriaal te skei voor dit na oorlaaistasie geneem word.Slegs residensiële inwoners wat dienste rekening by die Munisipaliteit het, word tot een ton, of een bakkie vrag materiaal per dag beperk. Indien jy meer as hierdie hoeveelheid het, moet dit na die Op-Die-Berg (huishoudelik) of PA Hamlet (tuinvullis en bourommel) stortingsterrein geneem word.
Vir meer inligting besoek;
http://www.witzenberg.gov.za/resource-category/general-documents-notices
WERKSURE
MAANDAE TOT VRYDAE: 08:00 - 16:30
SATERDAE: 08:00 - 14:00
OPENBARE VAKANSIE DAE: 08:00 - 13:00
SONDAE: GESLUIT
Last published 28 June 2021